- You are here: Home
- About
- International
- Afrikaans
Afrikaans
MindMatters is 'n hulpmiddel wat ontwerp is om junior en senior sekondêre skole in Australië te ondersteun in die promosie en beskerming van die geestesgesondheid van lede van skoolgemeenskappe.
MindMatters maak gebruik van 'n eenheidsbenadering tot geestesgesondheid en welstand, gebaseer op die Raamwerk van die Verenigde Nasies, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Gesondheidsbevorderingsraamwerk vir Skole.
MindMatters neem 'n reeks gesondheids- en welstandsdeterminante in aanmerking, met inbegrip van die betekenis van kulturele konteks. Dit ondersteun skole en hul gemeenskappe, insluitend die onderwysers, ouers en leerlinge, om positiewe aksie te neem om 'n klimaat van geestes- sowel as fisiese gesondheid daar te stel in junior en sekondêre skole. Die hulpmiddel sluit in:
- 'n stel wat bestaan uit klaskamer benodigdhede vir gebruik in skole
- 'n nasionale professionele ontwikkelingsstrategie
- 'n toegewyde webtuiste
- Evaluasie proses en verslae
MindMatters prestasies
- Personeel van 80% van alle skole met sekondêre studente -inskrywings in Australië het professionele ontwikkeling deur MindMatters onderneem.
- Meer as 140,000 Australiese deelnemers het professionele ontwikkeling onderneem.
- 98% van Australiese sekondêre skole is bewus van MindMatters.
- ‘n Opname het aangedui dat 65% van die Australiese sekondêre skole MindMatters deurgaans as ‘n kurrikulum hulpmiddel gebruik.
- 38% van Australiese sekondêre skole gebruik MindMatters as hul hooforganiseerder vir die bevordering van geestesgesondheid.
Die MindMatters Kantoor by Principals Australië
Jill Pearman
MindMatters Nasionale Koördineerder
Epos: jill.pearman@pa.edu.au
Adres: Level 1, 205 Greenhill Road
Eastwood SA 5063, Australia
Tel: +61 8 8394 2100
Faks: +61 8 8271 3502
Dui belangstelling aan deur by MindMatters te registreer





